by Bianca Groenewald | Aug 13, 2025 | Uncategorized, Weddings
MONIQUE EN DIVAN SE SPESIALE DAG
Van klaslokaal na kapel – ’n storie wat oor ’n dekade gevorm is. Vir haar troudag het Monique besluit op detail wat méér beteken: Eden & Co se Baroque Bell-oorbelle en Ray of Light-armband, perfek by haar fyn satynrok van Milca Design Studio. Stylvol, simbolies en ’n sagte knik na die band tussen haar en haar sussie.
Monique en Divan se liefdesverhaal het op skool in Johannesburg begin, blom gevang in Knysna, en uiteindelik wortel geskiet in die Kaap. Selfs toe werk en studies hulle op
verskillende plekke geplaas het, het hulle altyd ’n manier gevind om mekaar oor naweke te sien. “Wat mens nie alles vir liefde sal doen nie,” vertel Monique.
Op 12 Julie 2025 het hulle hul “ja” gesê tussen die wingerde van Stellenbosch. Die troustyl was minimalisties en klassiek: swart, wit en penny gum-groen. Gaste in swart, die bruid inwit — ’n kontras wat pragtig op kamera vasgevang is.
Alles op die dag het gevoel soos hulle: elegant, opreg en sonder pretensie. Van die sagte grimering deur Corlé Barnard tot die asemrowende blomme van Kleine Marie Florist. Elke detail het bygedra tot ’n viering wat sag op die hart lê.
Eden & Co was altyd daar in die agtergrond van Monique se spesiale oomblikke. Op haar troudag het haar juwele ’n nuwe storie begin vertel – een van hoop, herinnering en ’n liefde wat voortleef.
Monique se keuses vir haar groot dag:
Grimering & hare: @corlebarnard
Rok: @milca_designstudio
Blomme & dekor: @kleine_marie_florist
Venue & koördinering: @alluviaboutiquewinery
Fotografie & video: @bolandweddings_photography
Juwele: @proudlyeden
MINIQUE SE GUNSTELINGJUWELE
by AdminLeather | Oct 19, 2023 | Uncategorized
Are you looking to elevate your style and make a lasting impression, but you’re not sure where to start? Dressing elegantly as a beginner might seem like a daunting task, but with the right guidance, you can achieve a sophisticated and timeless look. In this guide, we’ll share some essential tips to help you on your journey towards dressing with elegance and grace.
1. Avoid Brand Logos
One of the first steps to dressing elegantly is to steer clear of clothing with prominent brand logos. While branded clothing can be trendy, they often scream ‘fashion follower’ rather than ‘style connoisseur.’ Instead, focus on classic, high-quality pieces that rely on design and craftsmanship rather than flashy logos.
2. Start Wearing Blazers and Chanel-Style Jackets
Blazers and Chanel-style jackets are iconic pieces that can instantly elevate your outfit. These versatile items can be dressed up or down, making them ideal for a variety of occasions. Opt for neutral colors like black, navy, or cream, as they’re more versatile and timeless.
3. Replace Jean Shorts with Tailored Shorts
Shorts are a summer wardrobe essential, but if you want to exude elegance, consider swapping your denim shorts for tailored ones. Well-fitted, tailored shorts can give you a polished and put-together look, even in the hottest weather. Look for fabrics like linen or cotton for a comfortable yet chic option.
4. Choose Natural, Well-Structured Shoes Over Colourful Sneakers
While sneakers are undoubtedly comfortable, they may not always align with an elegant look. Instead, opt for natural and well-structured footwear, such as leather loafers or classic ballet flats. These types of shoes not only provide comfort but also exude sophistication. Don’t hesitate to explore our Footwaer Collection and invest in a pair of shoes that will bring you years of joy.
In addition to these tips, remember that simplicity is key when it comes to dressing elegantly. Stick to a neutral color palette, invest in quality pieces, and pay attention to fit and tailoring. Don’t forget to accessorise with timeless pieces like pearl earrings, a classic wristwatch, or a simple leather belt to complete your look.
As you embark on your journey to dress elegantly, keep in mind that style is a personal expression, and it should reflect your personality and taste. While these tips will set you on the right path, feel free to adapt them to suit your individual style. The key is to build a wardrobe of classic pieces that stand the test of time and make you feel confident and sophisticated every day.
Happy styling, love the Eden team Xx
by AdminLeather | Sep 21, 2022 | Uncategorized
We’ve seen the trends and boy oh boy – it’s bold and bright!
With trends like sneakers, bold prints and neon colours dominating the fashion scene, you may feel lost in trying to keep it stylish. Let’s take a look at some of the trends we’d actually like to wear and how to complete your look with some classic pieces!
Suit up
Working from home and couping up the past year, resulted in sneakers, trackpants dominating fashion scene. This year they are opposing that trend by introducing the classic and very formal pants suit trend. Complete this look by layering your necklaces, some pearl earrings and some bright red lips to pull it off! Our bracelets will also add a finer style to this simplistic and corporate inspired look.
Out with the skinny jeans – in with mom jeans
Believe it or not, but after quite a few years of dominating the fashion scene, skinny jeans are on its way out! In with comfy, high rise and loose fitting “mom jeans”.
Our deluxe desert boots and our double stitched belts are designed for this new trend and will definitely give you the earthy edge you’re looking for.
Deets and pleats
Oh how we love detail and all things pretty – so we welcome this trend wholehaeartedly. Pleated skirts are very fashionable this year, it works amazingly well with our New York Mules or rose gold Toe Post Sandals.
Pair your pleated dress with a plain T-shirt and a sun hat for a more casual version of the trend or throw in a turtleneck and some classic jewellery for a classic and comfortable look at a wedding!
Bulky bags
No need to try and fit all of your belongings into dainty bags. Bulky bags are trending this season! The Klasik Duo will enable you to fit everything you need and more for a daily outing or picnic. Make the most of your summertime by adding this stylish accessory when you venture out over the weekend.
Bright colours
The brighter, the bolder. If you’re brave enough to jump into this trend, make sure you balance your look with a tan bag and some tan shoes. A black crossbody will round off any neon outfit and ground your look!
by Cinnapanel | Jan 16, 2017 | Uncategorized, Weddings
Waar het julle storie begin?
“Ons het van mekaar geweet sedert Hoërskool, maar omdat ek reeds in ons Graad 9 jaar na ‘n ander dorp verhuis het, het ons nooit so ver gekom om mekaar beter te leer ken nie.
Op ‘n stadium het ons paaie weer gekruis. Hy het toe buite Warmbad op ‘n wildsplaas gewerk en ek was in my tweede jaar op Universiteit in Potchefstroom. Wat aanvanklik ontstaan het as gereelde uitruil van boodskappe, het vinnig verwikkel tot uur-lange oproepe. Na ongeveer twee maande hiervan, het Abri besluit om vir die eerste keer by my te kom kuier in Potch – hy het toe ook vir my gevra om sy meisie te wees. Ten spyte van die afstand tussen ons het ons liefde geblom en het Abri na 3 jaar besluit om my verloofring te laat maak. Soos ons mekaar beter leer ken het, het ek definitief besef hy is my trouman en sedertdien was daar geen uitkomkans nie…”
Hoe het hy die Groot Vraag gevra?
“Ons was met vakansie in Natal. Omdat Abri geweet het dat ek nog altyd baie graag ‘n leeupark wou besoek, het hy ‘n plan beraam en vir ons op 17 Desember ‘n uitstappie beplan na ‘n naby geleë “leeupark”. Ten spyte van ons opgewondenheid, was dié leeu-park ‘n groot teleurstelling. Oppad terug huis toe sien ons toe ‘n “African Bird of Prey – Sanctuary” en besluit om dit ons laaste stop te maak met die hoop dat ons darem iets kan maak uit ons dag.
Ons was nie lank daar nie, toe verskoon Abri homself – en sonder dat ek snaaks daarvan gedink het, gaan ek aan om die ander roofvoëls by die park te besigtig. Terwyl ek besig was om foto’s te neem het Abri my van agter geroep: “Liefie, liefie…”. Ewe geïrriteerd draai ek om, net om hom daar op sy knieë te sien staan met die ring in sy hand. My eerste woorde was “Dis huge!”, maar ek kon uiteindelik ‘n “JA!” uitkry so tussen al die trane en emosies deur.”

Julle troue het die mooiste plaasgevoel gehad, waarom het julle op die tema besluit?
“Ek en Abri is albei baie lief vir die plaas en buitelewe, daarom was die plaastema – en ook ‘n venue wat by hierdie gevoel inskakel – vir ons vanselfsprekend. Ons wou graag aardse elemente inbring om die troue ‘n eenvoudige, maar steeds klassieke gevoel te gee. Die styl van ons troue was hoofsaaklik rustiek met ‘n paar moderne- en vintage elemente. Ons het gebruik gemaak van melkkanne, waterkanne, enamel baddens, houttolle en hout tafelblaaie wat ons self gemaak het om die tradisionele plaas-elemente in te bring.
Ons het ‘n neutrale en pastel kleurpalet gebruik. Die blomme en dekor het ‘n verksiedenheid groene, sagte pienke, room en wynrooi ingesluit.”
Het julle die meeste van die troureëlings self getref?
“Ons het glad nie gebruik gemaak van ‘n troukoordineerder nie – tussen ons en ons vriende en familie is al die reëlings self getref.”
Wat was vir jou die mees spesiale oomblik van jou hele troue?
“Ek en my Pa was ongeveer ‘n derde van die afstand in die bos-paadjie afgestap, toe daar êrens in die verte ‘n bees begin bulk het. Die ring-draertjie, Zian, wat voor ons geloop het, het onmiddellik die ring-kissie neergesit en tussen die bome rondom die paadjie begin klim om ondersoek in te stel. Toe ons hom terugroep, het hy met groot verwondering vir ons vertel dat daar “leeue” in die bos is. Dit het die aanvanklike swaar emosionele gemoed dadelik verlig.
Die oomblik wat ons die bos-kerk binnegestap het en ek vir Abri gesien het met koeëlronde trane op sy wange, kon ek nie meer my emosies inhou nie. Dit was ‘n emosionele, maar ook uiters intieme dag vir ons albei.”
Verksaffers:
Fotograaf: Hello Love Photography [Dominique: hi@hellolovephotography]
Troukoek: Annette van Dyk [Annette: 082 453 0997]
Trourok: Marianna Zwaan Designs [Marianna: 082 461 3292]
Bruid se bykomstighede: Lovisa & L’Afrique Jewellers
Bruidsmeisies se rokke: Adri du Plessis [Adri: 083 458 7541]
by Cinnapanel | Jan 11, 2017 | Uncategorized, Weddings
Eurice en Danielle se verlowingsfotos deur die talentvolle Matthew Carr is te mooi om nie te deel nie!
Lees meer oor dié twee se troue hier.
Fotograaf: Matthew Carr.
Eurice se kruisbande: Eden&Co Quality Leather Goods








by Cinnapanel | Nov 2, 2016 | Uncategorized, Weddings
Hendrik en Melissa loop so oor van liefde vir mekaar dat dit uit elke foto straal. Hulle troue was ‘n fees! Almal lag so lekker op die foto’s, dat ons eenvoudig by Melissa moes gaan hoor wat haar geheim was!
Waar het julle twee se storie begin?
“Ons ontmoeting was per toeval. Ek kan nie help om te dink dat die Here ons op mekaar se pad gesit het nie. Ek het op Bethal, Mpumalanga, gewoon en hy op Utrecht, KwaZulu Natal. Hy was vir ‘n 6 weke kursus op Witbank en het by sy suster-hul (wat 15km buite Bethal woon) gebly vir daardie tyd. Ek wou die aand van ons ontmoeting rustig by die huis bly toe ‘n goeie vriendin my nooi om saam haar iets te gaan drink. Hy was deur ‘n vriend genooi om te kuier op Middelburg na sy kursus, maar het besluit om terug te keer huis toe. Ons was by ‘n bekende kuier plek in die dorp en voor hy huis toe gegaan het het hy gestop om ‘n ou vriend te vergessel.
Ek het rustig saam vriende by ‘n tafel gesit toe hy ons nader, en ordentelik vra of ek en die vriend langs my gekys is. Ons altwee het verward na mekaar gekyk tot my vriend nee gesê het. Hendrik het toe na my toe gedraai en gesê hy wou net sê dat ek ‘n beeldskone vrou is en as ek en my vriend wel saam was, moet hy mooi na my kyk. Ek was toe so stomgeslaan, maar ons het op die ou einde nommers geruil.
Die naweek daarna moes ons Pretoria toe gaan vir my oom se begrafnis en die week daarna was Hendrik se laaste week van kursus. Hy het seker gemaak hy sien my elke aand, hy het rose gebring, my uitgevat vir ete, my aan sy familie voorgestel en toe moes hy terug huis toe. Hy het daarna vir maande lank elke naweek of elke tweede naweek by my kom kuier.”

Hoe het hy jou gevra om te trou?
“Ek is mal oor ons verlowing storie! Ons was laas jaar Kalahari toe waar ons vir sy familie gaan kuier het. Ons het gepraat oor verloof raak, ek het my ring ontwerp, en ek het gewonder wanneer en hoe hy my gaan vra, maar almal was so geheimsinnig dat ek niks vermoed het nie.
My ma het my ring in Middelburg gaan haal toe hy klaar gemaak is,so ek het nooit die eindproduk gesien voordat ons verloof geraak het nie. Voor ons vertrek het Kalahari toe het my ma vir Hendrik gevra of sy die ring moet saambring, maar ek het in die kar gesit en hul gesprek gehoor! Toe ons by die familie kom het ek haar gevra of sy my ring saamgebring het, en toe sy nee sê het ek haar tas deursoek om seker te maak dat sy die waarheid praat!
Hier by die vierde dag van ons vakansie het ek geweet dit gaan nie gebeur nie. Ons was in Kuruman en Van Zylsrus en ek kon nie dink waar ons sou verloof raak in Douglas nie.
Ek het die Woensdag moed opgegee oor ons die Vrydag weer huis toe sou gaan. Die Donderdagoggend is ons toe na ‘n wynkelder in die omgewing toe, maar my ma voel toe nie lekker nie, so ons moes terug plaas toe gaan om haar af te laai. Hendrik hou my toe besig terwyl ons familie ons bagasie in die kar pak. Hulle vertel vir my dat Hendrik se suster-hulle na lodges in die omgewing wil kyk, want hul beplan om saam vriende daar vakansie te hou, so ons vat toe almal die pad om na die plekke te gaan kyk.

Ons eerste stop was by Broadwater River Estate. Hendrik en skoonsus het verdwyn terwyl ek en swaer na die ongelooflike mooi plek gekyk en foto’s geneem het.
Daar was ‘n klein motorboot. Ons was so uitgeput met rondry dat Hendrik vir my gese het hy het sommer die boot bespreek dan kan ons by die Lodge ontspan terwyl skoonsus-hul na die volgende plek gaan kyk.
Ek was so in my skik met die fênsie plek dat ek niks vermoed het toe my skoonsus met ‘n mandjie vol eetgoed daar aankom en die sjampanje nog ook op die boot staan nie.
Ons was so 45 minute op die vaalrivier voor Hendrik my vra, is jy nog lief vir my en wil jy nog met my trou? Ek sê toe dadelik natuurlik, waar kom dit vandaan? Hy het in die boot op sy knieg gegaan en my gevra om met hom te trou! Dit was ‘n wonderlike gevoel.
Daar was ‘n tafel in die restaurant vir ons gedek naby ‘n vuur en hy het plek bespreek vir ons om by die lodge te oornag, dit was werklik ‘n onvergeetlike, sprokies verlowing! My man het baie moeite gedoen.”
3. Vertel ons n bietjie meer van julle troubeplanning – hoe het julle op n “venue” besluit, het julle self al die reelings behartig of het jy n troukoordineerder gehad?
“Ek het vir maande lank dag en nag idees op Pinterest gesien en Facebook bladsye besoek om ‘reviews’ te kry. Ons het ons troue self betaal en self beplan, ons het ‘n paar venues in gedagte gehad maar Grasslands Wedding Venue op Bethal ideaal om alles van die huis af aan te ry venue toe.”
Wat het jy die aand/oggend voor jou troue gedoen om die tyd om te kry ?
“Ek en my bruidsmeisies kon nie ‘n oog knip die aand voor my troue nie, ons het tot laatnag gesels oor ons jong dae, skooldae en alles wat ons saam gedoen het. Hierdie groot dag het vir ons onwerklik gevoel. Ons het seker eers eenuur die oggend aan die slaap geraak.
Die oggend van my troue het ek wakker geword en besef die dag is hier, ek trou! Dit het gevoel of die dag te vinnig gekom het, ek het nog so baie gehad om te doen! Ons het heerlike omelette en sjampanje geniet vir ontbyt en gewag vir die mooimaaksessie. Dit het soos ‘n leeftyd gevoel. Toe die fotosessie klaar is het ek en my bruidsmeisies “going to the chapel” gesing soos ons aangeloop het na die diens. Die voorbereiding het langer gevat as wat ek gedink het! Ons troue het 15:00 begin en ek het ongeveer 15:30 by die kapel ingestap, my man se senuwees was klaar!

Ek was oorweldig met oë wat net op my is en familie wie se trane oor hul wange rol. Die eerste keer toe ek werklik my man in sy pak sien was toe Ds. Annatjie vra om die regter hand vir mekaar te gee, hy was vir my so aantreklik! Daarna het ons die nuwe Toyota Hilux Raider vir ons buite gewag! Ek was vreeslik in my skik. Ons het fotos geneem en gelag en daarna die onthaal ingegaan en makietie gehou. Alles was perfek, ons troue het vir ons vreeslik rustig gevoel, niks was gejaag nie.Ons troudag was onvergeetlik maar alles wat so vinnig op ons, kan vandag nie glo ons is reeds getroud nie!”
As mens na julle foto’s kyk lyk dit of almal letterlik hul gate uitgeniet het – het jy enige raad vir voornemende bruide oor hoe om te sorg dat n mens se troue so lekker en gemaklik is?
“Die enigste manier om jou troue te geniet is om rustig te wees, ‘n goeie ontbyt te geniet saam met jou gevolg en om nie te bekommer oor die klein goedjies wat dalk kan verkeerd loop nie. Al het jy iets vergeet gaan die mense nie eers weet nie en hul gaan iets ander sien wat vir hulle ‘amazing’ is. Moet nie troue beplan om ander mense te beïndruk nie, beplan jou troue soos wat jy dit wil hê. Dit gaan net een keer gebeur en die laaste ding wat jy wil hê is om na die tyd spyt te wees oor iets wat jy wou doen en nie gedoen het nie. Kry ander opinies maar bly by jou keuse, al is hulle s’n goedkoper. Dis die een dag wat jy jou droom dag ‘n werklikheid kan maak. Rus ook baie voor jou troue!! Anders wil jy al 11 uur in die bed gaan klim en die mense by die onthaal los!”
Diensverskaffers;
Fotograaf – Renske de Klerk van
RDK Fotografie (Melissa: “ek kan haar aan enige iemand aanbeveel. Haar persoonlikheid is nie net aangenaam nie maar sy deligeer die mense en neem aksie wanneer jy rondhardloop en probeer om klaar kry”.)
Grimeerkunstenaar – Marchel Kruger makeup Artist & image consultant
Details – Bakgat ontwerp
Hare – Mylene Janse van Rensburg van HairFanatics in Bethal
Strooi meisie rokke –
YDE in Pretoria
Feetjieliggies – Elaine van Secunda