Welcome to EDEN & CO | Handmade in South Africa | Free delivery in South Africa

Welcome to EDEN & CO | Made in South Africa | Free delivery in South Africa

aaa8

 

Waar het julle storie begin?

“Ons het van mekaar geweet sedert Hoërskool, maar omdat ek reeds in ons Graad 9 jaar na ‘n ander dorp verhuis het, het ons nooit so ver gekom om mekaar beter te leer ken nie.
Op ‘n  stadium het ons paaie weer gekruis.  Hy het toe buite Warmbad op ‘n wildsplaas gewerk en ek was in my tweede jaar op Universiteit in Potchefstroom.  Wat aanvanklik ontstaan het as gereelde uitruil van boodskappe, het vinnig verwikkel tot uur-lange oproepe.  Na ongeveer twee maande hiervan, het Abri besluit om vir die eerste keer by my te kom kuier in Potch – hy het toe ook vir my gevra om sy meisie te wees.  Ten spyte van die afstand tussen ons het ons liefde geblom en het Abri na 3 jaar besluit om my verloofring te laat maak. Soos ons mekaar beter leer ken het, het ek definitief besef hy is my trouman en sedertdien was daar geen uitkomkans nie…”
aaaaa
Hoe het hy die Groot Vraag gevra?
“Ons was met vakansie in Natal.  Omdat Abri geweet het dat ek nog altyd baie graag ‘n leeupark wou besoek, het hy ‘n plan beraam en vir ons op 17 Desember ‘n uitstappie beplan na ‘n naby geleë “leeupark”.  Ten spyte van ons opgewondenheid, was dié leeu-park ‘n groot teleurstelling.  Oppad terug huis toe sien ons toe ‘n “African Bird of Prey – Sanctuary” en besluit om dit ons laaste stop te maak met die hoop dat ons darem iets kan maak uit ons dag.
Ons was nie lank daar nie, toe verskoon Abri homself – en sonder dat ek snaaks daarvan gedink het, gaan ek aan om die ander roofvoëls by die park te besigtig.  Terwyl ek besig was om foto’s te neem het Abri my van agter geroep:  “Liefie, liefie…”.  Ewe geïrriteerd draai ek om, net om hom daar op sy knieë te sien staan met die ring in sy hand.  My eerste woorde was “Dis huge!”, maar ek kon uiteindelik ‘n “JA!” uitkry so tussen al die trane en emosies deur.”
ring
Julle troue het die mooiste plaasgevoel gehad, waarom het julle op die tema besluit?
“Ek en Abri is albei baie lief vir die plaas en buitelewe, daarom was die plaastema – en ook ‘n venue wat by hierdie gevoel inskakel – vir ons vanselfsprekend.  Ons wou graag aardse elemente inbring om die troue ‘n eenvoudige, maar steeds klassieke gevoel te gee.  Die styl van ons troue was hoofsaaklik rustiek met ‘n paar moderne- en vintage elemente.  Ons het gebruik gemaak van melkkanne, waterkanne, enamel baddens, houttolle en hout tafelblaaie wat ons self gemaak het om die tradisionele plaas-elemente in te bring.
Ons het ‘n neutrale en pastel kleurpalet gebruik.  Die blomme en dekor het ‘n verksiedenheid groene, sagte pienke, room en wynrooi ingesluit.”
002-aa-charming-farm-wedding-by-hellolovephotographyabri-en-anri
Het julle die meeste van die troureëlings self getref?
“Ons het glad nie gebruik gemaak van ‘n troukoordineerder nie – tussen ons en ons vriende en familie is al die reëlings self getref.”

Wat was vir jou die mees spesiale oomblik van jou hele troue?
“Ek en my Pa was ongeveer ‘n derde van die afstand in die bos-paadjie afgestap, toe daar êrens in die verte ‘n bees begin bulk het.  Die ring-draertjie, Zian, wat voor ons geloop het, het onmiddellik die ring-kissie neergesit en tussen die bome rondom die paadjie begin klim om ondersoek in te stel.  Toe ons hom terugroep, het hy met groot verwondering vir ons vertel dat daar “leeue” in die bos is.  Dit het die aanvanklike swaar emosionele gemoed dadelik verlig.

Die oomblik wat ons die bos-kerk binnegestap het en ek vir Abri gesien het met koeëlronde trane op sy wange, kon ek nie meer my emosies inhou nie.  Dit was ‘n emosionele, maar ook uiters intieme dag vir ons albei.”

 

Verksaffers:

Venue:  Die Klipskuur [Celeste Leonard:  083 412 5272 / [email protected]]
DJ:  Die Klipskuur [Faan: [email protected]]
Spyseniering:  Die Klipskuur [Celeste Leonard:  083 412 5272 / [email protected]] & Spitbraai and Hire:[  011 363 1434 / [email protected]]
Fotograaf:  Hello Love Photography [Dominique:  hi@hellolovephotography]
Blomme & Dekor:  Danie Gordon-van Dyk [Danie:  082 453 0996 / [email protected]] & The Restory Retreat Centre: [Mathilda: 071 703 9189 / [email protected]] & Chocolate Turqouise [Danielle:  082 415 3892 / [email protected]] & Marise Giani Laser [Marise:  [email protected]]
Skryfbehoeftes: Moooi Designs [Selmari:  [email protected]] & Liqerish [Janine:  082 353 3234 / [email protected]]
Troukoek:  Annette van Dyk [Annette:  082 453 0997]
Trourok:  Marianna Zwaan Designs [Marianna:  082 461 3292]
Bruid se bykomstighede: Lovisa & L’Afrique Jewellers
Hare en Grimering:  Follicle Hair Atelier [[email protected]]
Bruidsmeisies se rokke:  Adri du Plessis [Adri:  083 458 7541]
Bruidegom & Strooijonkers:  Eden&Co Quality Leather Goods & Lig Leefstyl [[email protected]] & Rings and Things [[email protected]]
Harpspeler:  Amarillie Ackerman [Amarillie:  [email protected]]
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    ×