CHRISTMAS SALE now live! Shop here!

CHRISTMAS SALE now live! Shop here!

Hendrik en Melissa loop so oor van liefde vir mekaar dat dit uit elke foto straal. Hulle troue was ‘n fees! Almal lag so lekker op die foto’s, dat ons eenvoudig by Melissa moes gaan hoor wat haar geheim was!
hendrik-melissa
Waar het julle twee se storie begin?
“Ons ontmoeting was per toeval. Ek kan nie help om te dink dat die Here ons op mekaar se pad gesit het nie.  Ek het op Bethal, Mpumalanga, gewoon en hy op Utrecht, KwaZulu Natal. Hy was vir ‘n 6 weke kursus op Witbank en het by sy suster-hul (wat 15km buite Bethal woon) gebly vir daardie tyd. Ek wou die aand van ons ontmoeting rustig by die huis bly toe ‘n goeie vriendin my nooi om saam haar iets te gaan drink. Hy was deur ‘n vriend genooi om te kuier op Middelburg na sy kursus, maar het besluit om terug te keer huis toe. Ons was by ‘n bekende kuier plek in die dorp en voor hy huis toe gegaan het het hy gestop om ‘n ou vriend te vergessel.
Ek het rustig saam vriende by ‘n tafel gesit toe hy ons nader, en ordentelik vra of ek en die vriend langs my gekys is. Ons altwee het verward na mekaar gekyk tot my vriend nee gesê het. Hendrik het toe na my toe gedraai en gesê hy wou net sê dat ek  ‘n beeldskone vrou is en as ek en my vriend wel saam was, moet hy mooi na my kyk. Ek was toe so stomgeslaan, maar ons het op die ou einde nommers geruil.
Die naweek daarna moes ons Pretoria toe gaan vir my oom se begrafnis en die week daarna was Hendrik se laaste week van kursus. Hy het seker gemaak hy sien my elke aand, hy het rose gebring, my uitgevat vir ete, my aan sy familie voorgestel en toe moes hy terug huis toe. Hy het daarna vir maande lank elke naweek of elke tweede naweek by my kom kuier.”
12764392_1110773852287148_8639461186060405417_o
Hoe het hy jou gevra om te trou?
“Ek is mal oor ons verlowing storie! Ons was laas jaar Kalahari toe waar ons vir sy familie gaan kuier het. Ons het gepraat oor verloof raak, ek het my ring ontwerp, en ek het gewonder wanneer en hoe hy my gaan vra, maar almal was so geheimsinnig dat ek niks vermoed het nie.
My ma het my ring in Middelburg gaan haal toe hy klaar gemaak is,so ek het nooit die eindproduk gesien voordat ons verloof geraak het nie. Voor ons vertrek het Kalahari toe het my ma vir Hendrik gevra of sy die ring moet saambring, maar ek het in die kar gesit en hul gesprek gehoor! Toe ons by die familie kom het ek haar gevra of sy my ring saamgebring het, en toe sy nee sê het ek haar tas deursoek om seker te maak dat sy die waarheid praat!
Hier by die vierde dag van ons vakansie het ek geweet dit gaan nie gebeur nie. Ons was in Kuruman en Van Zylsrus en ek kon nie dink waar ons sou verloof raak in Douglas nie.
Ek het die Woensdag moed opgegee oor ons die Vrydag weer huis toe sou gaan. Die Donderdagoggend is ons toe na ‘n wynkelder in die omgewing toe, maar my ma voel toe nie lekker nie, so ons moes terug plaas toe gaan om haar af te laai. Hendrik hou my toe besig terwyl ons familie ons bagasie in die kar pak. Hulle vertel vir my dat Hendrik se suster-hulle na lodges in die omgewing wil kyk, want hul beplan om saam vriende daar vakansie te hou, so ons vat toe almal die pad om na die plekke te gaan kyk.
12792287_1110779778953222_4867089405232245579_o
Ons eerste stop was by Broadwater River Estate. Hendrik en skoonsus het verdwyn terwyl ek en swaer na die ongelooflike mooi plek gekyk en foto’s geneem het.

Daar was ‘n klein motorboot. Ons was so uitgeput met rondry dat Hendrik vir my gese het hy het sommer die boot bespreek dan kan ons by die Lodge ontspan terwyl skoonsus-hul na die volgende plek gaan kyk.

Ek was so in my skik met die fênsie plek dat ek niks vermoed het toe my skoonsus met ‘n mandjie vol eetgoed daar aankom en die sjampanje nog ook op die boot staan nie.
Ons was so 45 minute op die vaalrivier voor Hendrik my vra, is jy nog lief vir my en wil jy nog met my trou? Ek sê toe dadelik natuurlik, waar kom dit vandaan? Hy het in die boot op sy knieg gegaan en my gevra om met hom te trou! Dit was ‘n wonderlike gevoel.

Daar was ‘n tafel in die restaurant vir ons gedek naby ‘n vuur en hy het plek bespreek vir ons om by die lodge te oornag, dit was werklik ‘n onvergeetlike, sprokies verlowing! My man het baie moeite gedoen.”


3. Vertel ons n bietjie meer van julle troubeplanning – hoe het julle op n “venue” besluit, het julle self al die reelings behartig of het jy n troukoordineerder gehad?
“Ek het vir maande lank dag en nag idees op Pinterest gesien en Facebook bladsye besoek om ‘reviews’ te kry. Ons het ons troue self betaal en self beplan, ons het ‘n paar venues in gedagte gehad maar Grasslands Wedding Venue op Bethal ideaal om alles van die huis af aan te ry venue toe.”
12799457_1110781158953084_8826562018930916265_n12771958_1110783492286184_7390528365035380586_o12771465_1110781865619680_6452838288105656246_o12778950_1110767095621157_6261612387304432938_o-1
Wat het jy die aand/oggend voor jou troue gedoen om die tyd om te kry ?
“Ek en my bruidsmeisies kon nie ‘n oog knip die aand voor my troue nie, ons het tot laatnag gesels oor ons jong dae, skooldae en alles wat ons saam gedoen het. Hierdie groot dag het vir ons onwerklik gevoel. Ons het seker eers eenuur die oggend aan die slaap geraak.
Die oggend van my troue het ek wakker geword en besef die dag is hier, ek trou! Dit het gevoel of die dag te vinnig gekom het, ek het nog so baie gehad om te doen! Ons het  heerlike omelette en sjampanje geniet vir ontbyt en gewag vir die mooimaaksessie. Dit het soos ‘n leeftyd gevoel. Toe die fotosessie klaar is het ek en my bruidsmeisies “going to the chapel” gesing soos ons aangeloop het na die diens. Die voorbereiding het langer gevat as wat ek gedink het! Ons troue het 15:00 begin en ek het ongeveer 15:30 by die kapel ingestap, my man se senuwees was klaar!

12794623_1110769658954234_8215792443754924179_n

Ek was oorweldig met oë wat net op my is en familie wie se trane oor hul wange rol. Die eerste keer toe ek werklik my man in sy pak sien was toe Ds. Annatjie vra om die regter hand vir mekaar te gee, hy was vir my so aantreklik! Daarna het ons die nuwe Toyota Hilux Raider vir ons buite gewag! Ek was vreeslik in my skik. Ons het fotos geneem en gelag en daarna die onthaal ingegaan en makietie gehou. Alles was perfek, ons troue het vir ons vreeslik rustig gevoel, niks was gejaag nie.Ons troudag was onvergeetlik maar alles wat so vinnig op ons, kan vandag nie glo ons is reeds getroud nie!”
12778680_1110776805620186_1083577623142052857_o
 As mens na julle foto’s kyk lyk dit of almal letterlik hul gate uitgeniet het – het jy enige raad vir voornemende bruide oor hoe om te sorg dat n mens se troue so lekker en gemaklik is?
“Die enigste manier om jou troue te geniet is om rustig te wees, ‘n goeie ontbyt te geniet saam met jou gevolg en om nie te bekommer oor die klein goedjies wat dalk kan verkeerd loop nie. Al het jy iets vergeet gaan die mense nie eers weet nie en hul gaan iets ander sien wat vir hulle ‘amazing’ is. Moet nie troue beplan om ander mense te beïndruk nie, beplan jou troue soos wat jy dit wil hê. Dit gaan net een keer gebeur en die laaste ding wat jy wil hê is om na die tyd spyt te wees oor iets wat jy wou doen en nie gedoen het nie. Kry ander opinies maar bly by jou keuse, al is hulle s’n goedkoper. Dis die een dag wat jy jou droom dag ‘n werklikheid kan maak. Rus ook baie voor jou troue!! Anders wil jy al 11 uur in die bed gaan klim en die mense by die onthaal los!”
12799457_1110781158953084_8826562018930916265_n12778950_1110767095621157_6261612387304432938_o12779236_1110766118954588_8506835503462519225_o12049494_1110777442286789_9013859081931609369_n12783602_1110765365621330_3572123681402320751_o12794760_1110765638954636_2414238415005901089_o12778893_1110773548953845_2230107831401606778_o
Diensverskaffers;
Fotograaf – Renske de Klerk van RDK Fotografie (Melissa: “ek kan haar aan enige iemand aanbeveel. Haar persoonlikheid is nie net aangenaam nie maar sy deligeer die mense en neem aksie wanneer jy rondhardloop en probeer om klaar kry”.)
Trourok – Bride&Co Parkview in Pretoria
Grimeerkunstenaar – Marchel Kruger makeup Artist & image consultant
Uitnodiging – Pistachio Designs
Details – Bakgat ontwerp
Hare – Mylene Janse van Rensburg van HairFanatics in Bethal
Strikdasse & kruisbande – Eden&Co Quality Leather Goods
Hendrik ring – Son of Burnard
My Ring – Champaign juweliers in Middelburg
Strooi meisie rokke – YDE in Pretoria
Venue en spyseniering – Grasslands Wedding Venue
Feetjieliggies – Elaine van Secunda
Chat to Us
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop