MONIQUE EN DIVAN SE SPESIALE DAG
Van klaslokaal na kapel – ’n storie wat oor ’n dekade gevorm is. Vir haar troudag het Monique besluit op detail wat méér beteken: Eden & Co se Baroque Bell-oorbelle en Ray of Light-armband, perfek by haar fyn satynrok van Milca Design Studio. Stylvol, simbolies en ’n sagte knik na die band tussen haar en haar sussie.
Monique en Divan se liefdesverhaal het op skool in Johannesburg begin, blom gevang in Knysna, en uiteindelik wortel geskiet in die Kaap. Selfs toe werk en studies hulle op
verskillende plekke geplaas het, het hulle altyd ’n manier gevind om mekaar oor naweke te sien. “Wat mens nie alles vir liefde sal doen nie,” vertel Monique.
Op 12 Julie 2025 het hulle hul “ja” gesê tussen die wingerde van Stellenbosch. Die troustyl was minimalisties en klassiek: swart, wit en penny gum-groen. Gaste in swart, die bruid inwit — ’n kontras wat pragtig op kamera vasgevang is.
Alles op die dag het gevoel soos hulle: elegant, opreg en sonder pretensie. Van die sagte grimering deur Corlé Barnard tot die asemrowende blomme van Kleine Marie Florist. Elke detail het bygedra tot ’n viering wat sag op die hart lê.
Eden & Co was altyd daar in die agtergrond van Monique se spesiale oomblikke. Op haar troudag het haar juwele ’n nuwe storie begin vertel – een van hoop, herinnering en ’n liefde wat voortleef.
Monique se keuses vir haar groot dag:
Grimering & hare: @corlebarnard
Rok: @milca_designstudio
Blomme & dekor: @kleine_marie_florist
Venue & koördinering: @alluviaboutiquewinery
Fotografie & video: @bolandweddings_photography
Juwele: @proudlyeden




