The Home of Meaningful, Real Jewellery – Crafted to Last | Free Nationwide Shipping in South Africa.

The Home of Meaningful, Real Jewellery – Crafted to Last.
Free Shipping in South Africa.

Elise en Mornay se spesiale dag

Elise en Mornay se spesiale dag

ELISE EN MORNAY SE SPESIALE DAG

In ’n wêreld vol woorde het Elise op haar troudag ’n paar pêrel oorbelle gekies om die praatwerk te doen.✨
Sy en Mornay het mekaar vir die eerste keer gesien by ’n kerk-jeugdiens. Kort daarna is hy Amerika toe om te gaan boer, maar hulle het aanhou gesels oor die afstand.

Toe hy daardie Desember terugkom, het hulle het een aand afgespreek om sushi te gaan eet…en die res is geskiedenis!

Die troue was stylvol en elegant, met ’n kleurskema van donkergroen, swart, bruin en room. ’n Keuse wat perfek by die paartjie en hul venue gepas het, net soos met elke ander detail van die dag, het Elise haar juwele met sorg gekies.

Vir haar was dit belangrik om iets te dra wat nie net mooi is nie, maar ook betekenis dra. Omdat sy al lank EDEN & CO volg en dieselfde waardes met ons deel, het sy geweet ons pêrels is haar enigste opsie, en so het sy besluit op ons tydlose String of Pearl Oorbelle.

Dankie Elise, dat ons deel kon wees van jou spesiale dag!🤍

Diensverskaffers wat vir haar uitgestaan het:
Trourok – @mimiebridalatelier
Grimering & hare – @tamarynhairandmakeup
Fotograaf – @kyla_wanderlust
Venue – @meulstroom

TROUDAG BESTE VERKOPERS

  • Double Pearl Drop Earrings

    Double Pearl Drop Earrings

    From: R 1,090.00
  • Coin Pearl Earrings

    Coin Pearl Earrings

    From: R 550.00
  • Exquisite Pearl Hoops

    Exquisite Pearl Hoops

    From: R 650.00
  • Baroque Bell Earrings

    Baroque Bell Earrings

    From: R 690.00
‘n Boodskap van Kari

‘n Boodskap van Kari

'n boodskap van kari

Met die eerste lentebloeisels wat oopmaak kan ek nie help om te dink hoe elke nuwe seisoen vir ons iets besonders bring nie. Lente is vir my ’n herinnering dat daar altyd nuwe dinge wag – vol kleur en hoop.

‘n Vers wat vir my na aan die hart lê die tyd van die jaar is Jesaja 35:1-2 “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille.”

My wens vir jou in hierdie nuwe seisoen is dat dit vir jou vars energie en inspirasie bring. Mag jou dae ligter voel en mag jy die dinge wat nie meer vir jou plek het nie, met gemak kan laat gaan – soos die seisoene dit self ook doen.
Mag ons Inspire-reeks jou daagliks herinner aan die krag van geloof en die hoop wat elke nuwe seisoen bring. Elke ontwerp is geskep om nie net mooi te wees nie, maar ook om ’n sagte fluistering van inspirasie en moed te dra – iets besonders wat jy altyd saam met jou kan neem.

Beste groete,
Kari

Minique & Divan se spesiale dag

Minique & Divan se spesiale dag

MONIQUE EN DIVAN SE SPESIALE DAG

Van klaslokaal na kapel – ’n storie wat oor ’n dekade gevorm is. Vir haar troudag het Monique besluit op detail wat méér beteken: Eden & Co se Baroque Bell-oorbelle en Ray of Light-armband, perfek by haar fyn satynrok van Milca Design Studio. Stylvol, simbolies en ’n sagte knik na die band tussen haar en haar sussie.

Monique en Divan se liefdesverhaal het op skool in Johannesburg begin, blom gevang in Knysna, en uiteindelik wortel geskiet in die Kaap. Selfs toe werk en studies hulle op
verskillende plekke geplaas het, het hulle altyd ’n manier gevind om mekaar oor naweke te sien. “Wat mens nie alles vir liefde sal doen nie,” vertel Monique.

Op 12 Julie 2025 het hulle hul “ja” gesê tussen die wingerde van Stellenbosch. Die troustyl was minimalisties en klassiek: swart, wit en penny gum-groen. Gaste in swart, die bruid inwit — ’n kontras wat pragtig op kamera vasgevang is.

Alles op die dag het gevoel soos hulle: elegant, opreg en sonder pretensie. Van die sagte grimering deur Corlé Barnard tot die asemrowende blomme van Kleine Marie Florist. Elke detail het bygedra tot ’n viering wat sag op die hart lê.

Eden & Co was altyd daar in die agtergrond van Monique se spesiale oomblikke. Op haar troudag het haar juwele ’n nuwe storie begin vertel – een van hoop, herinnering en ’n liefde wat voortleef.

Monique se keuses vir haar groot dag:

Grimering & hare: @corlebarnard
Rok: @milca_designstudio
Blomme & dekor: @kleine_marie_florist
Venue & koördinering: @alluviaboutiquewinery
Fotografie & video: @bolandweddings_photography
Juwele: @proudlyeden

MINIQUE SE GUNSTELINGJUWELE

  • Coin Pearl Earrings

    Coin Pearl Earrings

    From: R 550.00
  • Baroque Bell Earrings

    Baroque Bell Earrings

    From: R 690.00
  • Dangle Pearl Earrings

    Dangle Pearl Earrings

    From: R 590.00
  • Ray of Light Bracelet

    Ray of Light Bracelet

    From: R 1,790.00
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    Eden and Co | Online Store SA
    Privacy Overview

    This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.