'n boodskap van kari
Met die eerste lentebloeisels wat oopmaak kan ek nie help om te dink hoe elke nuwe seisoen vir ons iets besonders bring nie. Lente is vir my ’n herinnering dat daar altyd nuwe dinge wag – vol kleur en hoop.
‘n Vers wat vir my na aan die hart lê die tyd van die jaar is Jesaja 35:1-2 “Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille.”
My wens vir jou in hierdie nuwe seisoen is dat dit vir jou vars energie en inspirasie bring. Mag jou dae ligter voel en mag jy die dinge wat nie meer vir jou plek het nie, met gemak kan laat gaan – soos die seisoene dit self ook doen.
Mag ons Inspire-reeks jou daagliks herinner aan die krag van geloof en die hoop wat elke nuwe seisoen bring. Elke ontwerp is geskep om nie net mooi te wees nie, maar ook om ’n sagte fluistering van inspirasie en moed te dra – iets besonders wat jy altyd saam met jou kan neem.
Beste groete,
Kari



