The Home of Meaningful, Real Jewellery – Crafted to Last | Free Nationwide Shipping in South Africa.

The Home of Meaningful, Real Jewellery – Crafted to Last.
Free Shipping in South Africa.

Eurice en Danielle se Kaapse sprokiesdag

Eurice en Danielle se Kaapse sprokiesdag

Eurice en Danielle het nie net een van die mooiste verlowingsfotosessies ooit gehad nie, hulle troue was boonop so stylvol en elegant as wat kán kom! (Ons plaas hulle verlowings foto’s in ‘n volgende artikel)

Ons het vir Eurice gevra om ‘n paar vrae oor hulle troudag te antwoord.eurice-en-danelle

edlowres236of868

Hoe het julle ontmoet?

“Ons het amper ses jaar terug ontmoet voor die slaghuis waar ek as student worsrolle gebraai het. Danielle se ouers het die drankwinkel langs die slaghuis besit. Ek het eers vriende met haar ma en pa gemaak nie geweet hulle het so n mooi dogter nie. Ons was eers vriende, maar net vir n kort rukkie toe begin ons vry!”

edlowres280of868-1

Hoe het jy haar gevra om te trou?

“Sjoe, groot stories hoor! Ek het al begin werk in Johannesburg en Danielle was nog onderwyseres in die Kaap toe ek die hele ding begin beplan het. Sy het van niks geweet nie. Ek het haar verras met n aand weg by Mofam River Lodge in Grabouw en haar op die jetty van ons rivierhut gevra om te trou. Die hele episode het baie beplanning geneem.”

Jul het die mooiste troue gehad! Vertel ons n bietjie meer daarvan.

 “Baie dankie. Ons troue het soos n droom verby gevlieg. Kleure was ligte koraal, mint groen en ‘n ligte goud. Die styl is moeilik om te beskryf, so effens modern vintage pret tipe iets. Ons het gedans op “you and me” van Dallas Green en Pink. Die gaste was vooraf besig gehou met n speletjies, verversings en musiek. Daar was ook n slush puppy masjien en craft beer ‘on tap’.”

 

Wat onthou julle van die preek?

“Ons het nie n tradisionele preek gehad nie. My pa het ons getrou en die tema van sy boodskap was Christus. Christus is als in die huwelik.”

edlowres405of868

Om te trou en skielik n nuwe, eie eenheid as man en vrou te vorm is n groot aanpassing vir enige iemand – het julle wenke oor hoe om altyd te sorg dat ‘n mens beste vriende bly en nie naderhand verby mekaar lewe of “gewoond” raak aan mekaar nie?

“Kommunikasie, en ook die feit dat ons interafhanklik van mekaar is en nie afhanklik van mekaar is nie. Danielle en ek is twee verskillende mense met verskillende sieninge oor goed, maar ons respekteer mekaar daarvoor en laat mekaar toe om elkeen sy eie identiteit uit te leef. Met dit gesê is ons ongelooflik verlief op mekaar al vir so lank en nog steeds na die troue. Ons albei besef dat ons in hierdie ding is om saam met mekaar te groei.”

edlowres602of868edlowres465of868edlowres474of868edlowres398of868

ed

edlowres282of868edlowres299of868

Diensverskaffers

Grimering:  Carin Fourie

Dekor: Flambojant en Blooming Wonderful

Trourok:  Elizabeth Stockenstrom

Leer kruisbande: Eden&Co. Quality Leather Goods

Fotograaf:  Matthew Carr 

Venue: Mill house kitchen, Lourensford estate

“KOM ONS TROU!” Theodore en Jean-Mari se liefdesfees

“KOM ONS TROU!” Theodore en Jean-Mari se liefdesfees

Theodore en Jean-Mari se troue was ‘n fees van ‘n halwe week lank!

Theodore en sy manne het kruisbande gedra, en Jean-Mari het ook ‘n handgekleurde, gevlegte beltjie gedra – alles handgemaak deur Eden&Co. Hulle foto’s was so feestelik – ons kon nie anders as om meer uit te vind oor hulle mooiste dag nie…10268425_731803000252611_4924190029276164900_n.

  1. Waar het julle twee ontmoet?

“Ons het altwee in Potch gestudeer. Theodore en my boetie was in dieselfde koshuis. Almal wat al in Potch was ken seker Die Bult, en almal wat al in Potch was ken seker Bourbons. En daar het ons in mekaar vas gedans! Vir lank het ons niks vir Boetie gesê nie. Ons eerste date was in Berts sodat geen Caputter (Theodore en Boetie se koshuis) in ons kan raakloop nie want NIEMAND mag vir Boetie sê nie! Ons weet mos nog nie of die ‘n ernstige ding gaan raak nie… ”


2. Hoe het Theodore jou gevra om te trou?

“Hoe raak jy verloof? Jou oukie, nou man, reël ‘n naweektrippie saam met die hele familie Lesotho toe, want sy meisie, nou vrou, verjaar die Sondag!! Dit is Mei, Lanster – ons Defender – is gepak en ‘n ou WEG se woorde “‘n mens kamp net in die winter in Lesotho as jy geen ander keuse het nie – of familie van Chuck Norris is” sit in ons agterkoppe. Sani Pas op, vind ons skuiling by Sani Stone Lodge. Die daktent se canvas en Lanster se nuwe skokbrekers word behoorlik getoets deur die sterk winde. Saterdag oggend deur die passe, sterk oppad na Katse dam stoei twee Fords om by te bly. Donker slaan ons kamp op by die Munisipale kampterrein, hoogs opgewonde vir die oggend want die massiewe Katse moet nou hier voor ons lê!! 6 uur die Sondag oggend is almal wakker, maar tjoepstil want Theodore gaan Jean-Mari nou vra om sy vroutjie te word…. Theodore is dik van die giggel, want nou van alle tye wil ek moeilik wees en nie die sonsopkoms kyk nie. Ek lê nou heeltemal te lekker in my snoesige daktent bedjie. Na ‘n lang gespook is ek op, Lesotho mus op, serp om die nek, blinddoek op en hy lei hy my toe na ‘n mooimaak plekkie, hy vra, ek sê ja, almal is daar, plus Lanster!! Ek soek soene, maar daar was nog glad nie tyd vir tande skoonmaak nie….. “Toemaar ek het Chappies!!!!”

  1. Julle troue was werklik uniek! Vertel ons meer van die diens en die onthaal – waar was dit, en watter tipe styl het julle vir die dekor gekies?

“Tema vir ons troue was: Kom ons Trou! Kom ONS vier die liefde, die lewe, en ons mense! Die plan wees een GROOT partytjie op my ouers se plaas. En dit was, met 200 gaste.

Die “troue” het al Woensdag begin. Tente was opgeslaan. Meer soos n mini oppikoppi gelyk. Al ons vriende het kom help om hierdie ‘n baie spesiale dag te maak.

Die diens was onder een massiewe alleenstaande vyeboom in die middel van die veld. Gaste op stompe…tussen wurms. Jip…van alle dae het die boom besluit om op ons troudag wurms te kry. Hier ‘n klap daar ‘n klap. Wurms orals op my rok. Min gepla, ek trou met my gunsteling mens!

Die styl vir dekor noem ek maar Jean-Mari styl: pallet tafels, coke botteltjies, baie liggies, draad underplates al die pad van Zambië, draadtafelname, roomys, poloroids, grys servette, lavender, Wilson toffees en bankrotbos/slangbos. Ons persoonlikheid in ‘n skuur!

Met die spyskaart wat op ‘n muur geverf is kon niemand dit mis kyk nie. Skape op die spit en L’Abri Fountain Brewery wat almal laat proe aan sy fantastiese bier. Elkeen het ‘n bierglas as geskenk gekry met ons “Kom ons trou” logo op – so niemand het ‘n verskoning gehad om nie om die vuur te sit en lekker te kuier nie!

Daar was gedans dans dans tot 05:00 die oggend. Roomys geëet tot 05:00 die oggend. Daktent opgeslaan en so klein bietjie geslaap. Die perfekte dag!”

12440502_731800640252847_2743747536076080383_o

4. Het jul die meeste van die reëlings self gedoen? Enige raad, of dinge wat jul anders sou doen?

Ons het alles self gedoen. Sonder my Moeder sou daar net ‘n boek met prentjies gewees het. Alles wat ons wou hê, het sy ‘n realiteit gemaak. Die lekkerste is as jou prentjie n realiteit word.

Wat ons anders sou wou doen…Niks! Meer ure op die dag sou pret gewees het. Ons sou net nog so klein bietjie langer met al ons mense wou gekuier het. Dit was so lekker dag!

774737_731800563586188_4355239090950543124_o

5. Was daar n spesiale boodskap uit die diens wat julle tot vandag toe saam met julle dra?

Die huwelik is veel meer as net ‘n verhouding tussen man en vrou; dit is ‘n verhouding tussen man,vrou en God. Die huwelik word ook verskeie kere in die Bybel as simbool gebruik om die erns daarvan te bevestig.

11052020_731801716919406_1728058239141527870_o
6. Hoe hou julle jul huwelik steeds opwindend noudat al die opwinding van die troue self verby is?

“Lekker lekker ‘date nights’! Ons is ook fotograwe so ons naweke is maar lekker besig maar ons probeer om elke naweek n defender avontuur te maak, al is dit vir werk of net kamp saam ons vriende.”

Diensverskaffers:

Rok: Brides Lucilla

Venue: Bruid se ouers se plaas

MUA: Welmari Pretch

Hare: Elca Kruger

Fotograaf: Mighty Fine (Cassie)

Videograaf: Mense met Gesigte https://vimeo.com/145243384

Kruisbande van die manne: Eden & Co &Quality Leather Goods

Troukar: Ons trustworthy defender Lanster

Blomme: Marietjie van der Walt

Draad tafelname: Desert Rose Project

Troukoek: Annelien Kruger

Ons Logo en logo op glase: Evette Barnard van Stylfabriek
12419203_731807486918829_8755239368888024819_o12339247_731800760252835_612020619952974611_o859042_731801483586096_3082756360045146798_o

Dewet en Melani – kinderlike opwinding

Dewet en Melani – kinderlike opwinding

Wanneer ‘n mens na Dewet en Melani se troufoto’s kyk is dit onmoontlik om verby hulle stralende gesigte te kyk. In elke foto is dit duidelik dat hulle kinderlik opgewonde is om ewige trou aan mekaar te sweer, en hierdie opwinding straal ook duidelik uit hulle opwindende, vars dekor.

bb10c8a9-11fb-45bf-bd8c-c1b2a154ee45

Melani vertel dat hulle storie van die begin af vol opwinding was – alhoewel daar soms ook ‘n hele skoot adrenalien bygekom het. Toe Dewet haar wou vra om te trou, het sy amper gedog sy verloor hom net daar. Sy vertel van dié dag toe hulle beide amper verdrink het tydens ‘n staptoer:

“In 2013 het ons die Otter staptoer gedoen en Dewet het in die geheim beplan om op dag 4 van die staproete die groot vraag te vra.  Ons het op einste dag 4 teëspoed gekry.  Ons moes die oggend 2:00 begin stap om Bloukrans te kruis.  Dit sou beteken dat ons teen 7:00 die oggend by Bloukrans moes wees om nog laagwater oor te steek.  Daar was egter die vorige aand ‘n hengse storm wat veroorsaak het dat die see slymerige skuim oral uitgestoot het.  By een plek het ons die skuim teëgekom en knie-diep daarin gestap.  Ons het aanvanklik gedink dis snaaks en foto’s geneem maar die skuim het al hoe hoër gestyg, totdat selfs Dewet – wat ‘n lang man is – bedek was met skuim.  Skielik was hy weg, en het een van ons vriende gevra waar hy is!!  Ek het sommer paniekerig geraak en in dieselfde gat gespring waarin Dewet toe ongesiens geval het. Dit was nogal vreesaanjaend, want dit het gevoel of ek verdrink of versmoor, ek was nie regtig seker nie.  Ek het my knieg seergemaak en my toon gebreek, maar ons het toe verder gestap.  Ons het om 9:00 die oggend eers Bloukrans gekruis toe dit al redelik hoogwater was!  Ons was baie verlig om uiteindelik by die kamp uit te kom na die uitdagende dag.  Dewet het toe nie op hom laat wag nie, en het my na ‘n afgeleë strandjie gevat en die vraag gevra! ”

Natuurlik het dié stralende meisie net daar JA gesê en kort daarna kon hulle met die troureëlings begin. Alles het voor die wind gegaan totdat daar op die dag van hulle troue, net soos met hulle verlowing, WEEREENS ‘n groot storm losbars. Nie eers hierdie storm kon egter hulle liefdesvlam blus nie…Dié troue by Verkykerskop in die lieflike Vrystaat was ‘n vintage fees in die mooiste pastelkleure.

m_d-collage

Dewet en Melani het al hulle dekor self gedoen en aan kreatiwiteit het dit by dié twee nie ontbreek nie. Melani het self hulle pienk ricekrispie koek gebak en versier met lint en ‘n bergroos, terwyl Dewet ‘n groot skerm gebou het waarop hulle trouliedjie (Michael Bublé se Close your Eyes) se video gereflekteer het binne in die saal.

Die blomme is deur ‘n vriendin gedoen; hulle het self lapservette versier met ‘n lint en ‘n hartjie; hulle het linnesakkies gemaak en met die spyskaart gestempel vir die eetgerei en selfs hulle eie logo’s gemaak vir die wynbottels!

Elke gas is ook tot by die ore bederf. By elkeen se plek is ‘n skryfbord gedek waarop sy of haar naam saam met ‘n spesiale beskrywing geskryf is (byvoorbeeld Raakvat Riëtte) terwyl elke gas – buiten vir die tafelpersentjies – boonop nog ‘n sonbril gekry het met ‘n boodskap wat sê “Moet jou nie blindstaar teen ons liefde nie”. Vir die wat die nag deur wou dans was daar boonop nog sandale vir wanneer hulle voete seer geraak het.

eden-7

Wanneer gevra word wat haar raad aan voornemende  bruide is, antwoord Melani: “Jou troudag hoef nie uitspattig te wees nie, jy doen dit nie om mense te beïndruk nie. Dit is jou en jou man se viering van die res van julle lewens wat wag.”

En gevra hoe hulle – nadat al die opwinding van die troue verby is – steeds elke dag kinderlik opgewonde oor hulle liefde bly, is die antwoord eenvoudig: spandeer tyd saam! “Ek en Dewet hou baie ‘’date nights’’ en ons doen amper alles saam!  Ons hou van reis en probeer altyd iets nuut.  Ons is mekaar se beste vriende en gesels oor dinge wat ons pla.  Kommunikasie, respek en vertroue is die belangrikste aspekte van ‘n huwelik, maar ‘n huwelik kan slegs werk as God die middelpunt daarvan is.”

e7366b69-0eb0-48c9-be1a-2c0c1f1e86bc

Die belangrikste van hulle troudag was egter vir die Lategans die goeie preek wat hulle dominee, Jan Venter, gegee het. Hierdie preek was gebaseer op Joshua 24:15 en hulle dra hierdie spesiale boodskap nog elke dag in hulle harte saam:

“Ek en my Huis…ons sal die Here dien.”

mdw2

 

DIENSVERSKAFFERS:

BLOMME EN DEKOR: Bruidspaar, vriende en familie

BRUID SE ROK: Kyna Consili (www.kynaconsili.com)

BRUIDEGOM SE KRUISBANDE: Eden&Co (www.edenleatherco.com)

GRIMERING: Bruid self

BRUID SE HARE: Bruid se (elfjarige!) niggie

 

 

 

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop
    Eden and Co | Online Store SA
    Privacy Overview

    This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.