Made in South Africa | Free delivery in South Africa | Worldwide shipping calculated at Checkout

Made in SA | Free delivery in SA | Worldwide shipping calculated at Checkout

Theodore en Jean-Mari se troue was ‘n fees van ‘n halwe week lank!

Theodore en sy manne het kruisbande gedra, en Jean-Mari het ook ‘n handgekleurde, gevlegte beltjie gedra – alles handgemaak deur Eden&Co. Hulle foto’s was so feestelik – ons kon nie anders as om meer uit te vind oor hulle mooiste dag nie…10268425_731803000252611_4924190029276164900_n.

  1. Waar het julle twee ontmoet?

“Ons het altwee in Potch gestudeer. Theodore en my boetie was in dieselfde koshuis. Almal wat al in Potch was ken seker Die Bult, en almal wat al in Potch was ken seker Bourbons. En daar het ons in mekaar vas gedans! Vir lank het ons niks vir Boetie gesê nie. Ons eerste date was in Berts sodat geen Caputter (Theodore en Boetie se koshuis) in ons kan raakloop nie want NIEMAND mag vir Boetie sê nie! Ons weet mos nog nie of die ‘n ernstige ding gaan raak nie… ”


2. Hoe het Theodore jou gevra om te trou?

“Hoe raak jy verloof? Jou oukie, nou man, reël ‘n naweektrippie saam met die hele familie Lesotho toe, want sy meisie, nou vrou, verjaar die Sondag!! Dit is Mei, Lanster – ons Defender – is gepak en ‘n ou WEG se woorde “‘n mens kamp net in die winter in Lesotho as jy geen ander keuse het nie – of familie van Chuck Norris is” sit in ons agterkoppe. Sani Pas op, vind ons skuiling by Sani Stone Lodge. Die daktent se canvas en Lanster se nuwe skokbrekers word behoorlik getoets deur die sterk winde. Saterdag oggend deur die passe, sterk oppad na Katse dam stoei twee Fords om by te bly. Donker slaan ons kamp op by die Munisipale kampterrein, hoogs opgewonde vir die oggend want die massiewe Katse moet nou hier voor ons lê!! 6 uur die Sondag oggend is almal wakker, maar tjoepstil want Theodore gaan Jean-Mari nou vra om sy vroutjie te word…. Theodore is dik van die giggel, want nou van alle tye wil ek moeilik wees en nie die sonsopkoms kyk nie. Ek lê nou heeltemal te lekker in my snoesige daktent bedjie. Na ‘n lang gespook is ek op, Lesotho mus op, serp om die nek, blinddoek op en hy lei hy my toe na ‘n mooimaak plekkie, hy vra, ek sê ja, almal is daar, plus Lanster!! Ek soek soene, maar daar was nog glad nie tyd vir tande skoonmaak nie….. “Toemaar ek het Chappies!!!!”

  1. Julle troue was werklik uniek! Vertel ons meer van die diens en die onthaal – waar was dit, en watter tipe styl het julle vir die dekor gekies?

“Tema vir ons troue was: Kom ons Trou! Kom ONS vier die liefde, die lewe, en ons mense! Die plan wees een GROOT partytjie op my ouers se plaas. En dit was, met 200 gaste.

Die “troue” het al Woensdag begin. Tente was opgeslaan. Meer soos n mini oppikoppi gelyk. Al ons vriende het kom help om hierdie ‘n baie spesiale dag te maak.

Die diens was onder een massiewe alleenstaande vyeboom in die middel van die veld. Gaste op stompe…tussen wurms. Jip…van alle dae het die boom besluit om op ons troudag wurms te kry. Hier ‘n klap daar ‘n klap. Wurms orals op my rok. Min gepla, ek trou met my gunsteling mens!

Die styl vir dekor noem ek maar Jean-Mari styl: pallet tafels, coke botteltjies, baie liggies, draad underplates al die pad van Zambië, draadtafelname, roomys, poloroids, grys servette, lavender, Wilson toffees en bankrotbos/slangbos. Ons persoonlikheid in ‘n skuur!

Met die spyskaart wat op ‘n muur geverf is kon niemand dit mis kyk nie. Skape op die spit en L’Abri Fountain Brewery wat almal laat proe aan sy fantastiese bier. Elkeen het ‘n bierglas as geskenk gekry met ons “Kom ons trou” logo op – so niemand het ‘n verskoning gehad om nie om die vuur te sit en lekker te kuier nie!

Daar was gedans dans dans tot 05:00 die oggend. Roomys geëet tot 05:00 die oggend. Daktent opgeslaan en so klein bietjie geslaap. Die perfekte dag!”

12440502_731800640252847_2743747536076080383_o

4. Het jul die meeste van die reëlings self gedoen? Enige raad, of dinge wat jul anders sou doen?

Ons het alles self gedoen. Sonder my Moeder sou daar net ‘n boek met prentjies gewees het. Alles wat ons wou hê, het sy ‘n realiteit gemaak. Die lekkerste is as jou prentjie n realiteit word.

Wat ons anders sou wou doen…Niks! Meer ure op die dag sou pret gewees het. Ons sou net nog so klein bietjie langer met al ons mense wou gekuier het. Dit was so lekker dag!

774737_731800563586188_4355239090950543124_o

5. Was daar n spesiale boodskap uit die diens wat julle tot vandag toe saam met julle dra?

Die huwelik is veel meer as net ‘n verhouding tussen man en vrou; dit is ‘n verhouding tussen man,vrou en God. Die huwelik word ook verskeie kere in die Bybel as simbool gebruik om die erns daarvan te bevestig.

11052020_731801716919406_1728058239141527870_o
6. Hoe hou julle jul huwelik steeds opwindend noudat al die opwinding van die troue self verby is?

“Lekker lekker ‘date nights’! Ons is ook fotograwe so ons naweke is maar lekker besig maar ons probeer om elke naweek n defender avontuur te maak, al is dit vir werk of net kamp saam ons vriende.”

Diensverskaffers:

Rok: Brides Lucilla

Venue: Bruid se ouers se plaas

MUA: Welmari Pretch

Hare: Elca Kruger

Fotograaf: Mighty Fine (Cassie)

Videograaf: Mense met Gesigte https://vimeo.com/145243384

Kruisbande van die manne: Eden & Co &Quality Leather Goods

Troukar: Ons trustworthy defender Lanster

Blomme: Marietjie van der Walt

Draad tafelname: Desert Rose Project

Troukoek: Annelien Kruger

Ons Logo en logo op glase: Evette Barnard van Stylfabriek
12419203_731807486918829_8755239368888024819_o12339247_731800760252835_612020619952974611_o859042_731801483586096_3082756360045146798_o

Chat to Us
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop