'n boodskap van nikke
Met groot dankbaarheid in my hart skryf ek vandag hierdie nota om dankie te sê. As ek terug dink aan ons nederige begin 12 jaar terug, toe ek en Conrad beide besig was met studies in Stellenbosch, is dit bykans onmoontlik om te dink hoe die besigheid die laatste paar jaar gegroei het.
Vandag is EDEN & CO ‘n volwaardige besigheid met ‘n stewige span voltydse goudsmede, ‘n bemarkingsspan en twee bekwame mense in ons Stellenbosch winkel. Namens elke een van hul is ons so dankbaar vir die geleentheid om elke dag te kan doen wat ons graag WIL doen, om te vorm en skep met ons hande.
Dankie vir jou, wat deel is van die EDEN & CO familie, wat deel is van ons storie en wat ons help om ook ‘n baie spesiale boodskap van hoop en geloof deur ons INSPIRE-reeks uit te dra.
Ons vind soveel vreugde daarin om te weet dat elke item wat ons werkswinkel verlaat, gemaak is uit egte goud of silwer en dus vir nie net een generasie nie, maar vir ‘n paar generasies lank as erfstukke, vreugde kan bring.
Dankie dat jy ons help bou en help groei aan ‘n storie wat groter is as ons almal saam!
Beste groete,
Nikke




